Ons sal u of u kinders met geduld en toewyding help om in verskeie vakgebiede te leer en groei tot maksimum potensiaal! Ons gee lesse en klasse vanaf ons kantore of van u eie huis in Pretoria of Centurion - dis u keuse! Ons help skoliere (graad1-12) van enige skool of tuisskool en studente(1ste jaars) met ekstra lesse. Ons gee selfs klas by naskool sentrums by meeste skole.
Ons help ook besighede en ambasades met die aanleer van nuwe tale.
Of u op skool is of dalk deur Unisa of 'n Universiteit studeer, ons kan u help leer met 'n paar klasse!
Ons help graag met lesse en klasse in Wiskunde, Wetenskap, Rekeningkunde, Afrikaans, Engels, Rekenaarstudie, Statistiek en enige skoolvakke.
Verder bied ons u ook afrigting klasse in Sport soos Tennis en Gholf.
Ons leer u graag in 'n paar lesse hoe werk Word,Excel en Powerpoint of hoe om die Internet, Email en Skype te gebruik, vir enige ouderdom van jonk tot pensioenaris!
Klasse in Rekenaar opbou en herstel is 'n groot genot vir tieners en lekker praktiese kursus vir enige iemand wat in rekenaars belangstel.
Enige ekstra klas en les vir enige student of skolier! Selfs klas in musiek soos klavier- en kitaar-lesse by die gemak van u eie huis! |